Local newsNewsSport

Anlé wys vandag haar staal by SA Tweekamp

Sterkte Anlé - Parys hou styf duim vas vir jou en is trots op jou!

Anlé Beukes is een van die meer as 900 atlete uit 14 provinsies wat die naweek hul staal wys by die SA Tweekampkampioenskappe wat dié naweek in Oudtshoorn gehou word, Vanjaar se nasionale kragmeting is een van die grootstes wat tot nog toe aangebied is en loop vandag ten einde.

Die room van die land se tweekampatlete is oor die naweek hier in aksie en daar is groot verwagting vir heelwat SA-rekords en persoonlike beste tye.

Anlé wat ‘n leerder van die Primêre skool Parys is, sal 400m hardloop en 50m swem vir haar deelname in die multisport dissipline. Sy is deel van die Noord-Vrystaat SA Tweekampspan en hoewel sy nog net 8 jaar oud is, neem sy o.11 deel. In die hardloop-item was sy vyfde in die uitdun en nou lê die swem nog voor.

Verskillende afstande geld vir die onderskeie ouderdomsgroepe en word die hardloop-items eers afgehandel voordat atlete hul onderskeie afstande moet swem. Elke atleet se tye word in berekening gebring vir die puntetoekenning.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button